Die 2016 Spur Gauteng MTB Reeks “Droom-Span” ontvang erkenning
Die 2016 Spur Gauteng MTB Reeks “Droom-Span” ontvang erkenning tesame met Menlopark Hoërskool en Afrikaans Hoër Seunsskool wat koning kraai onder die top bergfietsry skole in die provinsie.

Die 2016 Spur Gauteng reeks aangebied deur Anatomic bestaan uit vier byeenkomste wat plaasvind deur die loop van die jaar. Die reeks was afgesluit met ‘n onvergeetlike finale byeenkoms by Wonderboom Hoërskool op ‘n baan wat die ryers se klim bene tot die uiterste getoets het. Die reeks werk volgens ‘n punte sisteem waarvolgens ryers individuele punte sowel as punte vir hulle skool insamel. Die top Meisies span sowel as die top gemengde span was aangewys as Menlopark Hoërskool, top seuns span was Afrikaans Hoër Seunsskool.



Gauteng spog met 27 talentvolle berfietsryers wat hulle provinsie gaan verteenwoordig by die 2016 Spur Skole MTB Liga finaal by Bekker Hoërskool 8 – 9 Oktober. Spur tesame met Cycle Lab en Anatomic het gasheer gespeel vir die oorhandiging van die Gauteng provinsiale truie waar ryers, hul ouers, skool span bestuurders sowel as die reeks se borge saam gekom het om die groot prestasie te vier. Team Spur ryers Ariane Kleinhans en James Reid was teenwoordig as gaste en het ook die prysuitdeling behartig . Een van die hoof doelredes van Team Spur behalwe dat hulle dien as ambassedeers vir die Spur Skole liga is om vir die jong bergfiets talent van ons land te wys dat profesionele bergfietsry n droom is wat waar kan word en dat die Olimpiese spele moontlik is om te behaal.
